Mense eet nie net verkeerd nie, hulle slaap te min en stres hulself letterlik dood. Dit is die boodskap van prof. Faadiel Essop, voorsitter van die Universiteit Stellenbosch se departement van fisiologiese wetenskappe, wat gister sy intreerede as professor gelewer het.

Essop het aan Die Burger gesê daar is verskeie metaboliese abnormaliteite wat saam na metaboliese sindroom verwys.  Dié toestand plaan ‘n mens in die gevaar om uiteindelik diabetes en/of hartsiektes te ontwikkel.  Dit hou onder meer verband met ‘n verkeerde leefstyl, verstedeliking en besoedeling.

Daar is vyf faktore wat in ag geneem word, en indien ‘n mens drie of meet het, bestaan die gevaar om metaboliese sindroom te ontwikkel: